Tsakane se leerder skitter by Spesiale Spele

Deur Doreen Mokgolo

Twee tienergholfspelers van Matshediso Special Needs School in Tsakane, Banele Makhubo en Nhlanhla Mkabane, het goue medaljes by die Spesiale Olimpiese Wêreldspele in Berlyn, Wes-Duitsland gewen.

Thatohatso Mokgotla is beloon vir ’n vierde plek in haar afdeling.

Suid-Afrika het altesaam 22 goue, 20 silwer en sewe bronsmedaljes verwerf.

Matshediso se skoolhoof, Thapelo Tshetlo, het aan Scrolla.Africa gesê: “Al die harde werk wat hulle op die oefenveld ingesit het, is beloon. Hulle het gewys al ons leerders kan kampioene wees.”

Tshetlho moedig ouers aan om hulle kinders met spsiale behoeftes by spesiale skole in te skryf.

“Hierdie kinders verdien ’n regverdige kans om te leer. Hulle het vaardighede warmee hulle ’n bydrae tot die gemeenskap en die ekonomie kan lewer,” het hy gesê.

Makhubo het van sy goue medalje gesê hy het gefokus op die vaardighede wat sy afrigters aan hom oorgedra het.

“Ek is verheug dat ek goud kon wen,” het hy gesê.

In die foto hierbo: Banele Makhubo en Nhlanhla Mkabane

Fotobron: Doreen Mokgolo