Dis Rondte Twee vir Zuckerberg en Musk

Elon Musk en Mark Zuckerberg het hul voorneme verklaar om mekaar in ‘n hokgeveg aan te vat, maar die twee is nou eers besig om in die toep-winkel appels te swaai.

Meta, die eienaar van Facebook, gaan sy nuwe toepassing genaamd Threads bekendstel, wat daarop gemik is om met Twitter mee te ding.

Die toepassing, beskikbaar vir voorafbestelling by die Apple App Store, sal aan Instagram gekoppel word.

Skermkiekies van die toep se paneelbord wys ooreenstemmings met Twitter, en Meta beskryf Threads as ‘n “teksgebaseerde gesprek-toepassing”.

Die bekendstelling van Threads is die jongste ontwikkeling in die voortdurende wedywering tussen Mark Zuckerberg, uitvoerende hoof van Meta, en sy eweknie by Twitter, Elon Musk.

Verlede maand het die twee in die openbaar woorde gewissel en selfs besluit om mekaar dat hulle mekaar op ‘n stadium te lyf sal gaan, hoewel die erns van hierdie plan steeds vaag is.

Musk het onlangs vir Zuckerberg ‘n virtuele oorveeg gegee met sy sarkastiese opgemerking: “Dankie tog dat dit so goed bestuur word” in reaksie op ‘n twiet oor Threads.

Intussen het Twitter aangekondig dat sy gewilde gebruikerspaneelbord, TweetDeck, binnekort ‘n betaalmuur sal hê.

Hierdie stap is deel van Musk se pogings om Twitter se intekendiens, Twitter Blue, te bevorder en meer gebruikers aan te moedig om betrokke te raak.

Musk het onlangs die aantal twiets wat gebruikers kon sien beperk, met sprake van kommer oor “dataskraping”. Daarteenoor word verwag dat Meta se Threads-toep ‘n gratis diens sal wees sonder beperkings op possigbaarheid.

Threads, synde ‘n Meta-toepassing, sal waarskynlik gebruikersdata vanaf toestelle versamel, insluitend ligging, aankope en blaaigeskiedenis.

Terwyl soortgelyke toepassings soos Donald Trump se Truth Social en Mastodon die afgelope paar jaar na vore gekom het, mag Threads die grootste bedreiging nog vir Twitter inhou.

Saamgestel deur personeelskrywer

Op die foto hierbo: Die Meta logo