Deur Buziwe Nocuze
Lede van die buurtwag in Gugulethu township – 250 altesaam – het ’n feesmaal wat die gemeenskap vir hulle gereël het geboikot omdat hulle dit as ’n leë gebaar beskou.
’n Buurtwaglid wat naamloos wil bly het gesê: “As hulle iets nuttig wou doen, moes hulle kospakkies vir ons gesinne gemaak het. Ons wil nie feesvier terwyl ons gesinne van die honger omkom nie.”
Die Gugulethu Sports Council het die ete gereël om dankie te sê aan almal wat hulle eie tyd opoffer om die gebied te beveilig.
Maar buurtwaglede sê alles is nie pluis nie. Hulle weet dat kos-skenkings wat vir hulle bedoel is elders opeindig, sê Scrolla.Africa se anonieme bron.
Hulle het dit duidelik aan Nceba Sandlana, ’n lid van die Gugulethu Sports Council, gestel dat hulle kruideniersware vir hulle gesinne nodig het.
“Maar hulle wou ’n indruk op die borge maak,” het ’n ander buurtwaglid gesê.
Omtrent 20 mense het wel glo opgedaag en hulle as beurtwaglede voorgedoen.
Sandlana het sy teleurstelling oor die petalje uitgespreek.
“Ons wou ons dank betuig aan die mense wat soveel moeite doen om ons buurt veilig te hou. Dis al,” het hy gesê.
In die foto hierbo: Lede van Gugulethu se buurtwag sê hulle stel nie belang in dankpartytjies nie; hulle wil kos hê vir hulle gesinne
Fotobron: Buziwe Nocuze