Onse Gabriella (25) verower Everest 

Dr Gabriella Nel was pas 25 toe sy op 17 Mei die jongste Suid-Afrikaans-geborene geword het wat die Berg Everest kon oorwin.

Nel, ’n voormalige leerling aan St Andrew’s School for Girls in Suid-Afrika, werk as mediese dokter in Australië.

Op Facebook het die skool haar as oudleerling aangeprys. Sy is boonop die jongste mediese dokter wat dit kon vermag.

Sy het ’n hele paar ontberings oorwin, gelukkig eers op pad ondertoe, nadat sy haar doel bereik het. Die ergste was vriesbrand. Haar span het haar by Kamp 3 kom haal en, sê sy, haar lewe gered.

Die vriesbrand het haar hande én voete skade laat ly. Haar regterhand is as graad vier gereken is en haar linkerhand as grade een en twee.

Sy het haar nie daardeur laat afskrik nie, en is vasbeslote om die berg weer aan te durf.

Saamgestel deur eie beriggewer

In die foto hierbo: Dr Gabriella Nicola Nel

Fotobron: St Andrew’s School for Girls Facebook