OnlyFans-ster bederf bewonderaars met KI-kloon

Staan gereed vir “Katiana AI” – ‘n digitale kloon wat ontwerp is om aanhangers die intieme ervaring te gee waarvan hulle nog altyd gedroom het.

OnlyFans-model Katiana Kay en haar geniale kêrel, Will Goodall, het iets uiters uniek geskep: Katiana is ‘n aanlyn-sensasie wat ‘n allemintige $500,000 (R9.2 miljoen) per maand op OnlyFans verdien.

Die egpaar glo in die krag van kontakmaak, het New York Post berig, so Kay het besluit om ‘n KI-weergawe van haarself te skep om te gesels, grappies te maak en selfs outomatiese stemboodskappe aan haar liefhebbende aanhangers te stuur.

Goodall is die meesterontwerper van hierdie digitale dubbelganger en dink almal moet die voorreg hê om met Katiana te gesels – en wie kan hom kwalik neem?

Katiana word immers bestempel as “vertroostend om mee te praat” en beskik oor ‘n persoonlikheid wat harte en gedagtes kan heelmaak.

Aanhangers het reeds ‘n paar opwindende gesprekke met haar virtuele alter ego gehad, en dit lyk of die KI-kloon besig is om ‘n verhoudingsghoeroe word.

Kay glo vas dat KI die ontbrekende bestanddeel mag wees wat langtermyn verhoudings kan opkikker.

Vergeet kersligetes en lang strandwandelinge; nou kan jy ‘n onbevooroordeelde KI-metgesel insleep om jou verbintenis te verdiep.

En laat ons nie vergeet van Caryn Marjorie, beïnvloeder van formaat, wat ook op die KI-donkiekar gespring het nie. Vir die beskeie prys van $1 per minuut kan jy nou met haar KI-kloon, “CarynAI”, geselsies maak.

Saamgestel deur personeelskrywer

Op die foto hierbo: Katiana Kay

Fotobron: Twitter