Gewigstoter nael hekkies vir haar span

Die 29-jarige Belgiese gewigstoter Jolien Boumkwo het ’n waardevolle punt vir haar span verwerf toe sy aan die 100m hekkies by die Europese Kampioenskappe deelgeneem het nadat twee van haar spanmaats moes onttrek.

Atlete kry ’n punt net deur deel te neem, en België kan nie bekostig om punte te verloor nie. Hulle loop gevaar om van Afdeling 1 na Afdeling 2 afgeskuif te word.

Boumkwo het 19 sekondes agter haar naaste teenstander geëindig, maar die punt was in die sakkie.

Die ongeluk het die span vroeër gery toe hulle twee gewone hekkieslopers kort na mekaar seergekry het.

Jolien het elke hekke versigtig en met ’n breë glimlag oorgesteek. Sy het nie een hekkie omgestamp nie. Haar tyd van 32.81 sekondes moet sekerlik die stadigste in die kampioenskappe se geskiedenis wees, maar sy is min gepla.

Die Spaanse hekkiesloper Teresa Errandonea het in ’n tyd van 13.22 sekondes gewen, maar Boumkwo se groothartigheid het dié sege oorskadu.

Saamgestel deur eie beriggewer

In die foto hierbo: Jolien Boumkwo

Fotobron: Twitter