Deur Razeen Gutta
Die oud-Springbol-losskakel Derick Hougaard, wat die afgelope elf dae in ’n koma in die waakeenheid van die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria lê ,se toestand het effens verbeter maar is steeds kritiek.
Sy vrou, die sangeres Nadine, het op haar Faceboekblad geskryf die behandeling wat die 40-jarige Derick tot dusver ontvang het, was van die allerbeste.
“Dankie vir elke boodskap, elke gebed en soveel ondersteuning vir Derick! Hy speel waarlik die hardste game van sy lewe.
“Sy linkerlong het 3 dae gelede platgeval, en gister die onderste deel van sy regterlong. Sy longspesialis het ’n tweede bronchoskopie gedoen en Derick binne 3 dae twee keer omgedraai, wat sy longe aanhelp om in verskillende posisies asem te haal.
“Na gister se behandeling is dit vir die dokters moontlik om beter vas te stel watse bakterië nog behandel moet word en met die infeksietelling wat laer is as enige vorige dag, weet hulle dat die antibiotika goed werk. Dit was ook ons goeie nuus 2 dae gelede. Hy is nie wakker nie en steeds swaar gesideer, anders werk sy longe teen die ventilator.”
In die foto hierbo: Derick Hougaard
Fotobron: @jacanews