Lang pad wag op Bafana

Ekstra Tyd: Bafana Bafana het nou wel vir Marokko geklop, maar hulle en hulle fans moet stadig met die feesvieringe, skryf Michael Madyira. 

Vir die eerste keer sedert September tot November 2021 kon Bafana twee wedstryde in ’n ry in ’n groot toernooi wen.

Laas Saterdag se 2-1 sege teen Marokko, Afrika se topspan, volg op ’n 2-1 weg-wen teen Liberië.

Dit is ’n verblydend. In die verlede het Bafana onder Hugo Broos se leiding swak gevaar teen sterker spanne.

Broos het baie kritiek ontvang. Daar is gesê hy het van Bafana ’n slaansak gemaak. Noudat die span vir die Afrika Nasiebeker gekwalifiseer het, sal die Belgiese afrigter beter kan slaap.

Moenie vergeet nie, die einste Marokko het laasjaar die halfeind van die Wêreldbekertoernooi gehaal.

Maar ons moet versigtig wees voor ons begin dink Bafana het ’n tydreis terug na 1996 onderneem – die jaar toe hulle die Nasiebeker gewen het.

Hulle is ook ver van die span wat in 1998 en 2002 vir die Wêreldbeker gekwalifiseer en vrees by ander Afrikaspanne ingeboesem het.

Broos en sy manne moet nog bewys hulle onlangse sukses was nie ’n vloekskoet nie.

Tussen September en November 2021 het Bafana die swaargewigte Ghana by FNB geklop, daarna vir Ethiopië tuis en weg, en afgerond met ’n oorwinning teen Zimbabwe.

Toe het baie mense geglo die gloriedae is terug… totdat hulle ’n deurslaggewende kwalifiserende wedstryd teen Ghana verloor, teen België gelykop gespeel, 5-0 deur Frankryk verneder is en 2-1 teen Marokko verloor het.

Daarna het Broos die span teen swakker teenstanders soos Sierra Leone, Botswana, Mosambiek en Angola laat speel om selfvertroue op te bou.

Nou moet hulle teen sterker spanne speel tydens Fifa se internasionale sokkermaande – September, Oktober en November – om te wys hulle oorwinnings was welverdiend.

Dan sal ons weet of hulle gereed is om die kontinent se bestes in Januarie in die Nasiebeker te pak.

In die foto hierbo: Bafana Bafana middelvelders Bathusi Aubaas en Mihlali Mayambela jaag Marokko se vleuel Hakim Ziyech

Fotobron: Royal Moroccan Football Federation