Pienaar steeds ’n generaal op 39

Deur Lucky Maree

Aan die een kant was dit ’n inspirasie om twee skokseges te aanskou, aan die ander kant erg teleurstellend dat die Blou Bulle en die Haaie gelyk het asof hulle nie kan wag om die veld te verlaat en êrens te gaan braai nie.

➤ Ruan Pienaar mik na sy laaste wedstryd vir die Cheetahs – en ’n glorieryke afskeid.

Hy sal as ’n briljante skrumskakel onthou word, maar hy het Saterdag losskakel toe geskuif om vir Rewan Kruger agter die skrum plek te maak. 

Dit was ’n plesier om te sien hoe Pienaar die Blou Bulle stelselmatig uitmekaarhaal. Dit is maklik om te vergeet dat hy 141 wedstryde vir Ulster gespeel het en as ’n legende in Ierland beskou word.

Die eerste drie, wat Reinhardt Fortuin in die tweede minuut onder die pale gedruk het, was ’n  voorsmaak van die hele wedstryd. 

Pienaar het vorentoe geskop tot in die Bulle se kwartgebied, vanwaar Johan Goosen die bal ewe rustig wou wegskop, maar Fortuin het die luilekker poging afgstorm en gaan druk. Die doelskop was ’n formaliteit.

Daarna het die Cheetahs die Bulle se lustelose verdediging uitgebuit en op ’n drafstap gewen.

➤Die interessantste aspel van die wedstryf tussen die Haaie en Pumas was helaas die rooikaart en twee geelkaarte wat die skeidsregter, Marius Van Der Westhuizen, uitgedeel het. 

Drie van die Pumas se drieë is deur voorrymanne gedruk. Die enigste speler wat iets merkwaardigs uitgerig het, was Andrew Kota, wat met ’n drie beloon is. Die Pumas se heelagter, Devon Williams, een van die opwindendste spelers in die reeks, het die bal elke keer as hy dit kry weggeskop.

Die rooikaart was die welbekende raaisel wat net skeidsregters verstaan. Etienne Taljaard het opbeweeg om ’n hoë skop in te wag. Hy struikel oor Alwayno Visagie en land op sy kop. Die skeidsregter sê: “Die manier waarop hy geval het, maar dit uiters gevaarik.” Beteken dit as Taljaard sy val kon breek sou dit nie ’n rooikaart gewee het nie?

Uiteindelik het die Stonehouse Sneltrein genoeg stoom opgebou om te verhinder dat die Haaie in die laaste 20 minute ’n wendrie insmokkel.

Cheetahs (3 drieë) 39-10 (1 drie) Blou Bulle

Haie (2 drieë) 20-26 (4 drieë) Pumas

In die foto hierbo: Die Pumas se verdediging het hulle in ’n lustelose wedstryd teen die Haaie gered

Fotobron: Pumas Rugby