Deur Razeen Gutta
Rolstoel-tennisspelers Donald Ramphadi en Kgothatso Montjane het geskiedenis vir Suid-Afrika by die Franse Ope gemaak deur titels in hulle onderskeie afdelings op te raap.
Ramphadi het op die dertigste verjaardag die eerste Suid-Afrikaner in enige afdeling geword wat ’n titel kon wen sedert Johan Kriek in 1981.
Die Paralimpiese speler en sy dubbelspelmaat, die Brit Andy Lapthorne, het die afdeling vir kwadrupleë gewen deur Australië se Heath Davidson en Kanada se Robert Shaw met 1-6, 6-2, 10-3 te klop.
Ramphadi het verlede jaar sy Wimbledon-debuut gemaak en is nou No 4 in die wêreld.
Hy het na die wedstryd gesê: “My lewe was vol uitdagings, en ek is trots daarop dat ek aan minderbevoorregte kinders kan wys dit enigiets moontlik is, ondanks jou omstandighede.”
Die sewe-en-dertigjarige Montjane, Suid-Afrika se top vroue-rolstoeltennisspeler, het na ses vorige Grand Slam-eindstryde die afgelope drie jaar uiteindelik glorie gesmaak.
Sy en Japan se Yui Kamiji het Diede de Groot en Maria Moreno 6-2, 6-3 in die vroue dubbelspel geklop.
“Dit is ’n wonderlike gevoel en oomblik vir my. Ek is werklik gelukkig dat ek my eerste Grand Slam kon wen, as is dit dubbelspel,” het sy gesê.
Haar volgende mikpunt is om ’n enkelspel Grand Slam te wen.
In die foto hierbo: Kgothatso Montjane
Fotobron: @zizikodwa