Deur Buziwe Nocuze
Siyabonga Gocini het op ‘n gunstige sakegeleentheid afgekom tydens Covid, toe hy Sneaker Spa gestig het – ‘n skoonmaakdiens vir tekkies en ander skoene.
Gocini se besigheid versorg die skoene mense in Langa, Kaapstad, en nog daarby bied hulle sommer ‘n vars nuwe voorkoms.
“Die besigheid floreer. My Sneaker Spa-span is bekwaam en oorgehaal, en ons maak seker dat ons kwaliteit en die beste diens lewer,” het hy gesê.
Die gemeenskap prys die tekkie-versorgers vir hul aandagtige en professionele diens.
“Ons wil die huidige besigheidstruktuur van Sneaker Spa ondersoek, die voor- en nadele opweeg, en met ‘n paar ontwikkelingstrategieë vorendag kom,” het hy gesê.
“Ek het besef dat mense nie weet hoe om hul skoene te was nie, veral dié met verskillende kleure wat maklik verdof.”
Sneaker Spa bied ‘n reeks dienste geprys vanaf R50, afhangende van die kliënt se vereistes.
“Ons standaardprys is R80 en ander pryse hang af van die dienste wat ons kliënte verlang. Ons kleur ook skoene,” het hy gesê.
Hierdie werk vat tipies twee tot drie dae, afhangend van die toestand van die skoene.
Gocini het gesê hy is dankbaar vir die ondersteuning wat hy ontvang.
“Ek het die onderneming begin net nadat ons werksure verminder is weens die pandemie, so ek het besluit om ‘n ekstra besigheid te begin,” het Gocini gesê.
Die aanvraag na hul dienste het daartoe gelei dat hy uiteindelik sy werk bedank het om net op die besigheid te konsentreer.
“Dit is belangrik dat jou skoene altyd skoon is, want daar is baie siektes en sommige mense het sensitiewe voete,” aldus Gocini.
Sneaker Spa het werksgeleenthede geskep vir drie mense wat voorheen werkloos was.
Thabiso Siboko sê hy is dankbaar dat Gocini hom ‘n kans gegee het om deel te wees van die besigheid.
“Die werk het my van baie goed gered. Ons weet almal wat in ons townships aangaan en dis maklik om by slegte sake betrokke te raak. Om hier te werk sit nie net kos op die tafel nie, maar is ook my behoud,” het Siboko gesê.
Kliënt Siyabonga Malandela het die onderneming geloof omdat hy nooit weer hoef te sukkel met vuil skoene nie.
“Ek haat dit om my skoene te was. Sneaker Spa voorkom dat mense soos ek die werk self hoef te doen. Ons sal aanhou om hulle te ondersteun. Hulle spaar ons ook tyd, want dit vat vir ewig om skoene skoon te kry,” het Malandela gesê.
Op die foto hierbo: Sneaker Spa se skoenskoonmaakdiens het ingepalm met goeie kliëntediens
Fotobron: Verskaf