Tovey praat oor Barker se spesiale talent

Deur Michael Madyira

Voordat Clive Barker in 1994 as Bafana Bafana se afrigter oorgeneem het, is Neil Tovey sy  kapteinskap kwyt, te midde van beskuldigings van swak spandisipline. Barker het hom heraangestel.

Die tweetal het vroeër saamgewerk by Durban City en AmaZulu in die tagtigs.

Barker is Saterdag dood ná ’n stryd teen Lewy Boby Demensie.

 “Na sy aanstelling het ek en hy gepraat, en ek het vir hom gesê, ‘Coach, jy het ’n spesiale talent en dis wat die span nou nodig het’,” het Tovey aan Scrolla.Africa gesê.

“Die span het iemand nodig gehad wat lewe in die groep kon blaas, die spelers kon ondersteun en gelukkig maak. Ek het nie geweet of ek die talent het toe hy sê ek moet die spelers laat welkom en gelukkig voel nie – ek het geweet ek het dit níé.”

Tovey en Barker was aan die spits toe Bafana in 1996 die Afcon titel wen deur Tunisië in die eindstryd te klop.

“Hy was op die spelers ingestel,” het Tovey gesê van die suksesvolste afrigter in Bafana se geskiedenis, wat die span ook gehelp het om vir die Fifa Wêreldbeker te kwalifiseer. Hy het die span nie na die toernooi in Frankryk vergesel nie.

“Oefenkampe onder hom was ’n plesier, ongekompliseerd, en almal het hulle rolle verstaan. Dis wanneer mens lid is van ’n gelukkige familie dat jy kan wen,” het hy gesê.

In die foto hierbo: Voormalige Bafana Bafana-afrigter Clive Barker

Fotobron: Safa