Trane vir Jabeur, Maia maak geskiedenis

Deur Razeen Gutta

Beatriz Haddad Maia het die eerste Brasiliër geword wat die halfeindronde van die Franse Ope tennistoernooi in die oop era haal, toe sy Ons Jabeur van Tunisië met 3-6, 7-6(5), 6-1 geklop het.

Jabeur het skitterend begin, maar haar droom om die eerste vrou uit Afrika te word wat ’n Grand Slam enkelspeltitel wen het verdamp toe sy in die beslissende stel oordonder is.

Die tweetal het mekaar na die moordende stryd warm drukkies gegee, en Maia het Jabeur “een van die beste spelers in die wêreld” genoem.

“Halfpad deur die tweede stel het my afrigter gewys ek moet geduldig wees en my houe speel. Soms het ek gedink daar is nog ’n hou oor, dan betrap sy my met ’n valhoutjie.”

Maia speel in Donderdag se halfeind teen Iga Swiatek, nommer een in die wêreld, om ’n plek in die eindstryd. In die ander halfeind pak Karolina Muchova vir Aryna Sabalenka. 

In die foto hierbo: Ons Jabeur en Beatriz Haddad Maia 

Fotobron: @thetennisletter