Gaan die ewigheid met ’n glimlag tegemoet

Die begrafnisondernemers Go As You Please bied doodskiste aan in enige ontwerp van jou keuse, om pret aan die geleentheid te verleen en gesprekke aan te wakker.

In teenstelling met die tradisionele hartseer gedoente moedig die maatskappy klante aan om ’n klomp moontlikhede te oorweeg, van TARDIS uit Doctor Who, tot ’n Tennent’s bierbottel of ’n Bell’s whiskybottel.

En dit hou nie daar op nie! Temas sluit ook Star Wars, Game of Thrones, The Walking Dead, Harry Potter, en self Only Fools and Horses in. 

Elkeen word geskep om by individuele voorkeure te pas, wat ’n toepaslike koebaai verseker.

Scott Purvis, bestuurder van Go As You Please in Skotland, het verduidelik dat baie van hulle kisontwerpe spruit uit eerlike gesprekke met klante in lewende lywe, volgens Sky News

Noudat meer mense hulle begrafnisse vooruit beplan, kan hulle die dood openliker besprek, wat taboes oor die onderwerp verbreek en die las op families verlig.

Sommige unieke ontwerpe sluit ’n Dyson boks in vir ’n klant wat ou stofsuiers regmaak, en een uit optelhout, vir ’n man was nuttige voorwerpe vir sy skuur uitgekerf het.

Purvis het benadruk dat die ontwerp nie ’n foefie is nie, maar individualiteit vier. Families word aangemoedig om aan die kies en selfs die skepping van die kiste deel te neem.

Sommige families het pragtige foto-samestelling gemaak met tere herinneringe, wat geliefdes byeenbring om die laaste rusplek te versier.

Saamgestel deur eie beriggewer

In die foto hierbo: ’n Paar prettige kisontwerpe