SA bofbalheld gaan groot in Amerika

Deur Razeen Gutta

Die Suid-Afrikaanse bofbalsensasie Tayler Scott, wat vanjaar sy debuut by die Los Angeles Dodgers gemaak het, is die eerste gooier uit Mzanzi wat in Major League Baseball speel.

Scott het op 16 Amerika toe getrek om dié sportsoort na te jaag, maar hou steeds vakansie in sy tuisland en dra die Suid-Afrikaanse vlag trots op sy handskoen.

Hy het nou een van sy grootste drome bewaarheid. Hy het in 2018 aan Good Things Guy gese: “Daar is ’n klompie van ons wat meeding om die eerste Suid-Afrikaanse gooier te wees. Dit sal ’n groot prestasie wees.”

“Bofbal is baie klein in Suid-Afrika. Meestal vir ontspanning op ’n Sondag. Talentsoekers het uiteindelik daar opgedaag om te kyk of daar belowende spelers is. Daarna het ons in die World Baseball Classic gespeel.

“Soos met enige sportsoort, moet jy eintlik daarin grootword, met die tradisie en kultuur. Aangesien ons sokker en rugby het, is dit moeilik om die kultuur te laat groei. Ons het nie die fasiliteite nie.

“Wanneer ek ook al die tyd gehad het, het ek een of ander sport gevind waaraan ek kon deelneem. Soos ek ouer en beter geword het, het bofbal begin oorneem.”

Nadat hy opgang gemaak het by die Seattle Mariners, Baltimore Orioles en San Diego Padres, is hy in Mei as 31-jarige deur die Dodgers nader geroep.

Hy het op 4 Junie ’n suksesvolle debuut vir hulle gemaak en is duidelik iemand wat mens kan dophou.

In die foto hierbo: Tayler Scott 

Fotobron: @taylerscottsa