’n Man is in hegtenis geneem nadat hy ’n winkel beroof het met ’n “wapen” wat vir videospeletjies gebruik word.
Die verdagte, die 25-jarige David Joseph Dalesandro, het by die Kwik Stop-winkel in Sharon, Suid-Carolina ingestap met ’n vermomming wat ’n pruik, ’n masker en ’n hoodie ingesluit het.
Volgens ooggetuies het Dalesandro die kassier genader en kontant geëis terwyl hy na ’n pistool in in sy gordel wys.
Nadat die polisie hom in ’n park naby die betrokke winkel vasgetrek het, het hulle ontdek die “wapen” is deel van Nintendo se Duck Hunt speletjie, wat met spuitverf bedek is.
In die speletjie mik die skieter na vlieënde teikens op hulle skerm.
Hy is in hegtenis geneem en word in die York County Detention Center aangehou op aanklagte wat met gewapende roof verband hou.
Die dief se vermetelheid – en sy speelgoedpistool – het winkel-werknemers en wetstoepasssers verstom.
Saamgestel deur eie beriggewer
In die foto hierbo: David Dalesandro en sy “vuurwapen”
Fotobron: Twitter