Ondersoekbeampte in Bestersaak neem sy eie lewe

Deur Everson Luhanga

’n Polisiespeurder wat die Thabo Bester-saak ondersoek het, het na verneem word selfdood gepleeg.

Bronne het aan Scrolla.Africa gesê die ondersoekbeampte het Maandag voor sy huis in Bloemfontein sy eie vuurwapen vir die daad gebruik.

Die polisiespeurder, met die rang van Brigadier, wie se naam nie bekend is nie, het in sy wit Ford Ranger op die hoek van Rhodeslaan en Harvey-weg stilgehou en homself geskiet. 

Hy was 31 jaar lank in die polisie en ook provinsiale hoof verantwoordelik vir ondersoeke na georganiseerde misdaad in die Vrystaat.

Brigadier Athlenda Mathe, segspersoon vir die Nasionale Polisie, het sy dood bevestig.

“Die SAPD het nie die nadere besonderhede oor die saak vrygestel nie, omdat die ondersoek daarna nog nie afgehandel is nie,” het Mathe gesê.

Sy het gesê welsynbeampes en polisiekapelane sal aan sy gesin en kollegas wat sielkundige hulp nodig het beskikbaar gestel word.

Die Nasionale Kommissaris, Generaal Fannie Masemola, het diepe leedwese oor die verlies van ’n toegewyde ondersoekbeampte uitgespreek.

Die oorledene is beskryf as hardwerkend, vaardig, lojaal, en met onmeetbare kennis en ervaring in die ingewikkelde wêreld van kriminele ondersoek.

In die foto hierbo: Ondersoekbeamptes op die toneel van hulle kollega se dood

Foto- en videobron: Twitter