Omstrede tot die bitter einde: Tina Joemat-Pettersson

(18 Desember 1963 – 5 Junie 2023)

Deur Zukile Majova

Huldeblyke stroom in na die dood van ANC-LP Tina Joemat-Pettersson op ouderdom 59. Sy is dood by haar huis aangetref.

Joemat-Pettersson was ten tyde van haar dood voorsitter van die parlement se Portefeuljekomitee oor Polisiëring.

As lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee is sy hoog aangeprys deur ANC-lede wat haar van die vloer af genomineer het om die posisie te betwis van eerste adjunk-sekretaris-generaal by die party se verkiesingskonferensie in Desember 2022.

Sy het teen Nomvula Mokonyane verloor.

Nadat sy eers ‘n ondersteuner van Jacob Zuma was, het sy die winde van verandering gelees en haarself aan president Cyril Ramaphosa se sy geskaar.

Dit het haar politieke loopbaan gered, met die party se Integriteitskommissie wat haar vrygespreek het van ‘n aanklag om die party in oneer te bring.

Dit spruit uit ‘n 2019-bevinding deur Thuli Madonsela, voormalige openbare beskermer, wat bevind het dat Joemat-Pettersson, as minister was van landbou, bosbou en visserye (2009-2014), meer as R150,000 spandeer het op vliegtuigkaartjies vir haar twee kinders en hul oppasserhuis na ‘n oorsese reis in 2010.

ANC sekretaris-generaal Fikile Mbalula het gesê: “Nie die Zondo-kommissie, die openbare beskermer, of die howe het nadelige bevindings teen haar gemaak nie. Op grond hiervan is besluit dat sy ‘n lid met goeie reputasie is.”

Toe Suid-Afrika reeds met ‘n kragtekortkrisis gesukkel het, is Joemat-Pettersson as minister van energie (2014-2017) in Zuma se kabinet aangestel.

In dié portefeulje het meer moeilikheid gevolg nadat die Strategiese Brandstoffonds (SBF), wat verslag doen aan die Sentrale Energiefonds – ‘n entiteit in die Departement van Energie – 10.3 miljoen vate van Suid-Afrika se oliereserwes vir minder as die markprys verkoop het.

Joemat-Pettersson het destyds beweer dit was nie ‘n verkoop nie, maar ‘n rotasie. Die toesmeerdery is in die Wes-Kaapse Hooggeregshof ontbloot waar bevind is die SBF het oliereserwes ter waarde van meer as R7 miljard aan 10 oliehandelaars vir R5 miljard verkoop.

Ook tydens haar termyn as minister van energie het die Wes-Kaapse Hooggeregshof ingegryp om ‘n stokkie te steek voor Joemat-Pettersson se se 9.6 GW kernenergie-ooreenkoms met Rusland, wat sy deurgedruk het sonder dat dit in die parlement bespreek is.

Omstredenheid het haar tot op die einde agtervolg nadat geskorste openbare beskermer Busisiwe Mkhwebane se man David Skosana ‘n saak by die Valke geopen het. In sy vissier was Richard Dyantyi, die voorsitter van die parlementêre komitee, en ANC-LPs Joemat-Pettersson en Pemmy Majodina.

Skosana het Joemat-Pettersson daarvan beskuldig dat sy R600,000 van sy familie probeer afpers het in ruil daarvoor dat die LP’s die voortgesette ondersoek na Mkhwebane se geskiktheid om die amp te beklee laat vaar.

Die ANC het hulle diepe hartseer oor haar dood uitgespreek, terwyl VF-plus-leier Dr Pieter Groenewald gesê het sy was nie vyandig teenoor die opposisie se standpunte as voorsitter van die portefeuljekomitee nie.

ANC-woordvoerder Mahlengi Bhengu het gesê begrafnisreëlings sal mettertyd aangekondig word.

Op die foto hierbo: Tina Joemat-Pettersson

Fotobron: Twitter