Alcaraz stuur op sappige botsing met Djokovic af

Deur Razeen Gutta

Carlos Alcaraz en Novak Djokovic mik na ’n groot kragmeting in die halfeindronde van die Franse Ope op Roland Garros.

Aryna Sabalenka het by nog ’n perskonferensie verbygehou terwyl die dubbelspelpaar Miyu Kato en Aldila Sutjiadi gediskwalifiseer is in ’n paar van die onlangse dramatiese oomblikke.

Sabalenkaan, van Belarus, wat vroeër in die toernooi gevra is om kommentaar te lewer op die oorlog in Oekraïne, was nie by die perskonferensie na haar sege met 7-6(5), 6-4 teen die Amerikaner Sloane Stephens nie. Sy is deur na die kwarteindronde.

Japan se Kato en Indonesië se Sutjiadi was 3-1 in die tweede stel voor toe ’n hou van Kato ’n baljoggie in die gesig tref. Hulle is op omstrede wyse uitgeskop. Sara Sorribes Tormo en Marie Bouzkova is deur na die volgende ronde. 

Kato kon haarself daaraan troos dat sy Maandag tot die halfeind van die gemende dubbelspel saam met Tim Puetz deurgedring het.

Ons Jabeur van Tunisia, sewende gekeur, het Bernarda Pera in skoon stelle geklop om die kwarteind by Roland Garros die eerste keer te haal. Haar trane was trane van vreugde.

Die best tennis is in Djokovic en Alcaraz se onderskeie oorwinnings opgedis. Die Serwiër mik na ’n 23ste Grand Slam-sege, waarmee hy die beseerde Rafael Nadal sal verbysteek. 

“Ek is trots op al die rekords maar dit beteken ook ek is nie meer jonk nie,” het die 36-jarige Djokovic gesê. “Dit is die beste tennis wat ek nog hier gespeel het, so ek is tevrede.”

In die foto hierbo: Novak Djokovic 

Fotobron: @theafriyie_