Wrede boelies teister agtjarige oor haar voorkoms

Deur Buziwe Nocuze

’n Hartverskeurende boelie-insident het gemaak dat ’n agtjarige leerling nie meer wou skool  toe gaan nie.

Die graad 3-leerder by Laerskool Nomsa Maphongwana in Khayelitsha, Kaapstad, is aanhoudend oor haar voorkoms geboelie. Sy het geïsoleerd en sonder ondersteuning gevoel.

Sy het haar pynlike verhaal uiteindelik met haar ma gedeel, wat ook op skool sleg behandel is.

In ’n emosionele gesprek het die 30-jarige ma aan Scrolla.Africa gesê hulle ly nie aan ’n fisieke gebrek nie maar mense sê hulle is onaantreklik.

“Toe my dogter vir my sê niemand wil by haar sit of met haar speel nie, het dit ou wonde oopgekrap. Dit was ook so met my, weens my voorkoms,” het sy gesê.

“Ek het ook my selfvertroue verloor en nooit enigiets by die skool gesê nie. Wanneer ons voor die klas moes praat, het ek tuis gebly om te verhinder dat hulle ’n gek van my maak. Selfs wanneer ek die antwoorde geken het, het ek stilgebly.”

Die kind se ma het gesê sy hoop die Departement van Onderwys gryp in. “My dogter het gesê as die ander kinders aanhou om vir haar te lag, gaan sy van die skool af wegbly. Hulle vra haar hoekom sy so lyk en dag ignoreer hulle haar.”

Die ma sou ook graag terapie vir hulle albei wou hê. “Ek kan haar nie beter laat voel nie, aangsien ek steeds die pyn verduur oor dit wat in my skooldae gebeur het,” het sy gesê.

“Ek vind dit moeilik om oogkontak te maak wanneer ek met mense praat.”

Lindelwa Dlakavu, ’n veertigjarige ouer, het gesê skole moet ten minste drie periodes per week daaraan toestaan om kinders op die gevare van boelie in te lig.

Millicent Merton, segspersoon vir Wes-Kaapse Onderwys, het gesê hulle het dadelik opgetree nadat die ouer die klasonderwyser laat weet het.

In die foto hierbo: ’n Graad 3-leerling wou nie skool toe gaan nie omdat die ander kinders haar spot oor haar voorkoms

Fotobron: Buziwe Nocuze