Deur Zukile Majova
Ace Magashule het sewe dae om sy optrede te verduidelik. Anders moet hy vir hom ’n nuwe politieke tuiste soek.
Die ANC se nasionale disiplinêre komitee eis ’n verduidelik vir sy poging om President Cyril Ramaphosa in 2021 te skors.
Hy is skuldig bevind dat hy die party se grondwet oortree het, aangesien sy optrede nie deur die nasionale uitvoerende komitee bemagtig is nie.
Tydens Magashule se eie skorsing is hy daarvan beskuldig dat hy betrokke was by korrupsie wat gespruit het uit R250-miljoen wat daaraan bestee is om asbesdakke in die Vrystaat te vervang.
Die kontrak is tydens Magashule se tyd as premier van die Vrystaat onderteken. Die hofsaak duur voort in die Bloemfonteinse Hooggeregshof.
Die ANC se huidige Sekretaris-Generaal het gesê: “Die feit dat hy nie om verskoning vra nie, is wangedrag. Hy het sewe dae om skriftelik te verduidelik waarom die voorstel dat hy uit die party verwyder word nie deurgevoer word nie.”
Magashule, ’n vertroueling van die voormalige president Jacob Zuma, was ’n leiersfiguur van ’n pakt wat Ramaphosa teengestaan het en hulleself die Radikale Ekonomiese Transformasiegroep noem.
Dit is nog nie duidelik waar Magashule sou gaan om sy kwynende politieke loopbaan te probeer red nie, maar hy is al gesien waar hy lekker kuier saam met die leiers van die EFF tydens dié party se viering van Vryheidshandvesdag.
In die foto hoerbo: Ace Magashule