Quentin Tarantino se obsessie met voete kos hom ’n fortuin.
NorCal Lowlife, ’n voormalige bestuurder van die berugte Crazy Girls ontklee-klub, het vertel Tarantino se duur eskapades het hom amper R200 000 gekos en ’n paar voete ingesluit wat soos pruimedante lyk.
Lowlife het dit in ’n podcast genaamd Get in the Car gesê.
Tarantino het volgens Lowlife ’n vrou met geweld op ’n bank gegooi, haar stewels uitgetrek en haar voetsole gelek en haar tone gesuig in ’n marathonsessie wat ’n halfuur geduur het.
Daarna het die voete soos pruimedante gelyk.
Die aktrise Uma Thurman, wat in Tarantino se flieks Pulp Fiction en Kill Bill verskyn het, het in 2010 speels toegelaat dat Tarantino sy fetisj na hartelus uitleef tydens ’n samekoms van die Friars Club
Sy het sjampanje haar elegante swart fluweel Louboutins aan hom bedien, en gesê sy deel sy geesdrif vir voete.
Eli Roth, ’n ster in Tarantino se fliek Inglourious Basterds, het gesê hy het dit aanskou.
In die foto hierbo: Quentin Tarantino
Fotobron: Twitter