Deur Razeen Gutta
Ná twee dae se reën in Ahmedabad het MS Dhoni se Chennai Super Kings die verdedigende kampioen, Gujarat Titans, se wenteiken met die laaste bal oorgesteek en die IPL ’n vyfde keer ingepalm.
Die wedstryd kon weens reën glad nie Sondag begin nie, en Maandag was daar weer ’n lang reënondebreking nadat die Titans, wat deur Dhoni ingestuur is om te kolf, ’n formidabele 214/4 aangeteken het, op rug van Sai Sudharsan se skitterende 96 van 47 balle,
Vanweë die verlore tyd moes die Super Kings 171 is 15 beurte jaag, en daar verskyn Devon Conway, Shivam Dube en Ravindra Jadeja in die prentjie.
Conway het 47 aangeteken, Dube ’n onoorwonne 32, en Jadeja het op die einde kopgehou en die laaste twee balle vir ’n vier en ’n ses geslaan om die wedstryd te beklink.
Ambati Rayudu, wat sy loopbaan gisteraand afgesluit het met ’n wenmedalje, het gesê: “Dis soos ’n feëverhaal en ek kon nie vir meer gevra het nie. Dis ongelooflik.” het
In die foto hierbo: Ravindra Jadeja, wat die wenlopies geslaan het
Image source: @IPL