Mzansi se eenbeendanser verstom Britte

Musa Motha, ’n danser van Suid-Afrika, het die eerste deelnemer aan Britain’s Got Talent geword wat ’n goue groepgonser verwerf.

Die 27-jarige het ’n been aan kanker afgestaan toe hy 10 was.

Hy beweeg rond op ’n stel krukke – maar op die verhoog het hy ’n enkele kruk gebruik om sy verstommende passies uit te voer.

Motha het aan die beoordelaars gesê hy het sokker gespeel voordat hy met kanker gediagnoseer is. Na die amputasie het hy sy vriende gevra om hom te leer dans.

Die danswonder het sy roetine op die maat van Runnin’ (Lose It All) deur Naughty Boy, met Beyoncé, gelewer. Kykers tuis het sy oudisie as “die beste tot nog toe” beskryf, en die ateljee-gehoor het hom staande toegejuig.

Hulle het die beoordelaars aangemoedig om die goue gonser toe te staan. Dit beteken hy dring regstreeks deur tot die halfeindronde.

Saamgestel deur eie korrespondent

In die foto hierbo: Beoordelaars van Britain’s Got Talent, jBruno Tonioli en Amanda Holden, het gehuil ná Musa Motha se dansroetine, en Alesha Dixon en Simon Cowell het hom staande toegejuig.

Fotobron: ITV