Thabo Bester-saak: geen rede vir borgtog, se aanklaer

Deur GroundUp

Vyf van die agt beskuldigdes in die Thabo Bester-saak het Dinsdag in die Bloemfonteinse Landdroshof verskyn om borgtogaansoeke te doen, en die staat het dit in vier van die gevalle teengestaan.

Die aanklaer, Sello Matlhoko, het gesê hulle het nie voldoende redes gelewer waarom hulle borgtog toekom nie.

Hulle regsverteenwoordigers het hulle slotredes gelewer, en gesê die aangeklaagdes sal nie by die ondersoek inmeng nie, en dat sommiges broodwinners vir hulle gesinne is. Die ander is behoeftig.

Die kriminele verhoor is vir 20 Junie neergelê.

Bester en sy minnares, Nandipha Magudumana, het hulle borgtogaansoeke onttrek. Magudumana se pa, Zolile Sekeleni, is reeds op borgtog vrygelaat.

Matlhoko het gesê met die uitsondering van Natassja Jansen, wat op mindere klagtes teregstaan, is dit die aangeklaagdes se verantwoordelikheid om te bewys borgtog is in belang van geregtigheid, en hulle beëdigde verklarings is onvoldoende.

Advokaat Kagisho Moruri, wat die voormalige G4S werknemer Senohe verteenwoordig, het in sy betoog gesê indien die ondersoek nog ’n maand sou duur, sou Matsoara meer as drie maande in aanhouding wees. Dit, het hy gesê, sou nie in belang van geregtigheid wees nie.

Moruri het gesê Matsoara moet as onskuldig beskou word totdat die staat anders kan bewys; dat hy geen vorige veroordelings het nie; dat hy ’n vaste adres het, en dat hy ’n Suid-Afrikaanse burger is.

Tieho Makhotsa word ook deur Moruri verteenwoordig. 

Teboho Lipholo, ’n werknemer van Security Solutions en die CCTV kamerategnikus wat daarvan beskuldig word dat hy die kameras op die aand van Bester se ontsnapping ontkoppel het, se verteenwoordiger, advokaat Tshotlego Makamedi, het gesê Lipholo het nie genoeg komberse in sy sel nie en dat hy griep het en nie daarvoor behandel word nie.

Die aangeklaagdes sal voorlopig in aanhouding bly.

In die foto hierbo: Van links: Senohe Matsoara, Teboho Lipholo, Motenyani Masukela, Tieho Makhotsa en Nastassja Jansen in die beskuldigdebank in Bloemfontein se Landdroshof

Fotobron: GroundUp