Deur Razeen Gutta
Voormalige Kameroense kampioen Joseph Oyebog bestuur die Oyebog-tennisakademie in sy geboorteland om gemeenskappe te ondersteun wat nie toegang tot fasiliteite het nie.
Oyebog het die akademie in 1999 begin toe hy tennisballe uit asblikke in die VSA gevis en na Kameroen gestuur het.
“As ‘n ontvanger van so ‘n geskenk, die liefde vir tennis, wou ek hierdie liefde met ander kinders deel,” het Oyebog aan Reuters gesê.
“Ons wil net vir elke kind die geleentheid gee om ‘n goeie ete, skoon water en ‘n plek vir speel en studeer te hê.”
Manantsop Delisle, 14, is een van die studente wat al ‘n ver gevorder het by die akademie. Oyebog het haar raakgesien nadat sy ses jaar gelede ‘n oefenwedstryd verloor het.
“Ek sou nooit vir alles kon betaal om haar te kry waar sy vandag is nie. Ons hou beswaarlik kop bo water,” het haar ma aan Reuters gesê.
Die akademie bied opleiding teen geen of minimale koste en beskik nou oor 25 sentrums met meer as 12,000 studente. Dit word aan die gang gehou danksy die ondersteuning van skenkers regoor die wêreld.
Op die foto hierbo: Joseph Oyebog saam met een van sy jong sterre
Fotobron: @otacameroon