Stillo en Big Zulu wil mekaar dik tik

Deur Khaya Ndaba

Ondersteuners van twee musieklegendes kan hulle regmaak vir ’n dubbeldosis vet pret wanneer Stillo Magollide en Big Zulu mekaar vanaand (Dinsdag) in die bokskryt pak.

Waar die aksie plaasvind, is nog ’n geheim.

Stillo het dié skok-aankondiging laas Vrydag op instagram gemaak: “Dis amptelik! Die geveg is aan op 23 Mei! Ek en @Bigzulu_sa vat mekaar in die bokskryt aanå. Besonderhede volg.”

Die spanning laai op. Ondersteuners gooi vuis op sosiale media. @Jaymaticon skryf op Twitter Stillo gaan Big Zulu slae gee: “Yasho!!! Go show him kasi GS is making it, shock him bla wee 100!” 

’n Bekommerde ondersteuner, @Bone_Rapper, het gewonder of Stillo gereed is. 

“Ya Stiilo o sure mara?” het hy gewonder.

Daar het vrae ontstaan oor die uitklophou wat Big Zulu laasmaand in die eerste ronde teen Brian Dings geplant het. Die Uyajola 9/9 uitsmyter dring aan op ’n wraakgeveg. Hy glo hy’s gekroek.

Hy het aan Sunday World, gesê: “Ek het respek vir Big Zulu, maar die geveg was onregverdig. Ek het nie kans gekry om op te warm nie. Ek is op kort kennisgewing kryt toe geroep. En die ref het die geveg te gou stopgesit. Ek het hom gevra hoekom, toe sê hy ek het duiselig gelyk.”

Hopelik is vanaand se geveg minder omstrede. Wie dié keer duiselig gaan raak, en of die ref altwee ’n gelyke kans gaan gun, sal ons maar moet sien.

In die foto hierbo: Big Zulu