’n Britse egpaar se drome van ’n vreedsame aftrede is poegaai nadat 18 waterbuffels op loop gegaan en in hulle swembad kom baai het.
Andy en Lynette Smith, van Essex in die suidooste van Engeland, is uiteindelik, na ’n 10-maande-lange stryd teen ’n versekeringsmaatskappy, vergoed vir die skade wat die buffels aangerig het.
Die skrikwekkende dierasies het uit ’n nabybeleë teelplaas vir uitsonderlike diere ontsnap.
Die kolossale gediertes, wat 600kg elk weeg, het die egpaar se fabelagtige tuin in ’n moeras omskep, volgens Insider.
Maar die were verwoesting het plaasgevind toe die voortvlugtige buffels die Smiths se swembad ter waarde van R1,6 miljoen ingevaar het.
Nie een of twee nie, maar agt buffels het hulle in dié water-wonderland tuisgemaak.
Andy het tot aksie oorgegaan en die nooddienste gebel, maar hulle wou hom nie glo nie, sê hy. “Hulle het gedink dis ’n poets!
Die avontuurlustige buffels se eienaar het hulle uiteindelik kom verwyder. Gelukkig is nie een van hulle tydens die voorval beseer nie.
Maar die Smiths se probleme was nog lank nie oor nie. Hulle versekeringsmaatskappy het hulle eis van ongeveer R600 000 afgekeur.
Hulle moes hulle tot die hof wend, en na ’n ellelange woordestryd is daar in hulle guns beslis. Die volle bedrag is aan hulle uitbetaal.
Andy het gesê: “As die insident ’n paar ure vroeër plaasgevind het, sou dit met tragiese nagevolge gewees het. Ons het ’n swempartytjie vir ons kleindogters en hulle vriende gehou. Dit is ’n wonderwerk dat niemand seergekry het nie.”
Saamgestel deur eie beriggewer
In die foto hierbo: Waterbuffels