Deur Zukile Majova
Alle hoop wat President Cyril Ramaphosa se regering het om beurtkrag voor die 2024 verkiesing te verminder berus op die herstel van vier eenhede by Kusile Kragstasie.
Die kragstasie, wat R166 miljard gekos het, is verantwoordelik vir ten minste drie beurtkragfases.
Elk van die vier eenhede wat onklaar is, wek 800 MW op, vir altesaam 3 200 MW.
Die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, besoek Maandag (22 Mei) die stasie in Mpumalanga om ‘n vorderingsverslag oor die herstelwerk in te win.
“Tydens ons besoek sal ons vasstel wat dit sal behels om die vier eenhede by Kusile teen Desember in werking te stel.”
In ander pogings om beurtkrag te verminder, het die regering toestemming gegee dat daar kragskepe by drie van die land se hawes geanker word.
Die Turkse maatskappy Karpowership het toestemming van die Transnet Nasionale Hawe-owerheid om die suidelike hawe van Ngqura in Gqeberha te gebruik vir een van dié skepe.
Die minister van finansies, Enoch Godongwana, het aan Newzroom Afrika gesê hy ondersteun die minister van minerale en energie, Gwede Mantashe, se besluit om in die volgende twee dekades die energielewering met die hulp van kragskepe op te stoot.
“Dit is ’n kabinetsbesluit dat Mantashe elektrisiteit vir die land moet vind. Dit dra my volle steun weg.”
Intussen het Eskom aangekondig dat beurtkrag bedags op Fase 3 toegepas sal word, en saans op Fase 5.
In die foto hierbo: Kusile-kragstasie se fut is uit
Bron: Eskom_SA