Cholera eis 10 in Hammanskraal 

Ten minste 52 watertenkwaens is na Hammanskraal in Tshwane gestuur te midde van ’n cholera-uitbreking waarin 10 mense al dood is.

Die stad het inwoners gemaan om nie kraanwater te drink nie. Skoon water sal na informele vestigings aangery word, het Tshwane Gesondheid se lid van die burgemeesterskomitee vir gesondheid, Rina Marx, gesê.

Inwoners van die gebied word verder gemaan om water te kook. Volgens Marx weet hulle nog nie wat die bron van die uitbreking is nie.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes toets die kraanwater. Marx sê die uitslae sal later in die week bekend wees.

In ’n verklaring wat Sondag deur die gesondheidsdepartement uitgereik is, het 95 mense van Kanana, Suurman, Majaneng, Greenfield, Carousel View, Lephengville en Sekampaneng sedert 15 Mei hospitale met cholera-simptome besoek.

Samgestel deur Songeziwe Mapukata

In die foto hierbo: Beddens word voorberei vir die versorging van cholera-pasiënte