Deur Eie beriggewer
Die komediant Li Haoshi het ontdek die Chinese owerhede het nie veel van ’n humorsin nie.
Hy is in hegtenis geneem nadat hy sy honde se gedrag met ’n militêre slagspreuk vergelyk het.
Li, wie se verhoognaam House is, is met R40-miljoen beboet en kan lewenslank tronk toe gestuur word vir ’n grap wat hy Saterdag tydens ’n vertoning in Beijing gemaak het.
Li het gesinspeel op sy twee aanneemhonde wat ’n eekhoring jaag.
“Ander honde wat jy sien, sou jou laat dink hulle is tog te oulik. Hierdie twee herinner my aan… ‘Veg om te wen, tree onberispelik op’,” het Li gesê.
Die gehoor het gekraai van die lag.
President Xi Jinping het die slagspreuk onthul as ’n doelwit vir die Chinese weermag.
Polisie in Beijing het gesê hulle het ’n amptelike ondersoek geloods, en dat Li se vertoning “’n beduidende sosiale impak” gemaak het.
Li het om verskoning gevra en gesê hy voel diep vernederd en berouvol.
In die foto hierbo: Die Chinese Weermag: Veg om te wen, tree onberispelik op
Bron: Twitter