Dood? Toemaar wat, jy’t gewen

’n Dooie vrou het ’n plaaslike verkiesing in Indië gewen nadat haar ondersteuners hulle belofte nagekom het om vir haar te stem, kom wat wil.

Ashiya Bi, ’n gewide kandidaat in haar eerste veldtog, het amper 44% van die stemme gelok in ’n munisipale verkiesing in Uttar Pradesh, die grootste staat in die land.

Die 30-jarige kandidaat is 12 dae voor die verkiesing dood aan akute long- en buikinfeksie.

Haar man het kiesbeamptes van haar dood in kennis gestel, maar dit was te laat om haar naam van die stembriewe te verwyder, volgens ’n berig deur ’n plaaslike TV-stasie.

Kiesers wat hulle steun aan Bi belowe het, het gevoel hulle wil haar eerbiedig deur hulle beloftes na te kom.

“Ashiya het maklik vriende gemaak, en mense wou nie hulle beloftes verbreek nie,” het ’n plaaslike inwoner, Mohammad Zakir, aan Times of India gesê.

Bi se man, Muntazim Qureishi, het haar groothartigheid aangeprys en sy dank uitgespreek teenoor die weldoeners vir hulle oorweldigende steun.

Hy het bygevoeg: “Ons stemme is ’n eerbewys aan haar.” 

’n Ander kieser, Arif, het dit beaam: “Sy het ons harte gewen.”

Saamgestel deur eie beriggewer

In die foto hierbo: Ashiya Bi

Fotobron: Twitter