Deur Buziwe Nocuze
Yakheka Lisa was moeg van wag vir werk, en het daarom besluit om ‘n besigheid te begin wat vroue se hare behandel teen ‘n baie billike prys per sessie.
Met reguit of golwende hare loop olie redelik maklik langs die haarskag af. Maar vir swart vroue met krullerige of kroes hare is dit moeiliker vir olie om deur daardie krulletjies te beweeg.
Die meeste vroue wil een of twee keer per week hul hare met olies versorg, maar die probleem is dat baie swart vroue nie iemand byderhand het wat olies in hul kopvel kan aanwend en masseer nie – en hulle is gemaklik dat sommer enigiemand dit doen nie.
Dis waar Lisa intree.
As gegradueerde in Joernalistiek en Mediategniek het hy ‘n leemte gesien en besluit om sy dienste aan te bied teen ‘n redelike fooi.
“Dit is nou twee weke en ek is besig om kliënte in te win,” het hy gesê.
“Ek het besluit om my nie aan negatiewe kritiek te steur nie.”
Lisa, van Ireland in Ncgobo, Oos-Kaap, het gesê hy doen dit al jare vir sy susters en vriendinne.
Hy sê hy verstaan mense sukkel met geld en daarom vra hy slegs R15 vir sy dienste.
“My kliënte kannie kla oor swak diens nie, want ek weet wat ek doen,” het Lisa gesê.
“Dis glad nie vreemd vir ‘n man om hierdie werk te doen nie. Baie mans werk by haarsalonne. Die enigste verskil is dat ek dit op straat doen.”
Lisa glo mense beperk hulself.
“Hulle het vaardighede, maar is bang om dit ten toon te stel omdat sekere aktiwiteite met ‘n spesifieke geslag geassosieer word. Dit is verouderde denkwyses,” het hy gesê.
“Ek het ’n stoel vir my produkte en nog een vir my kliënte. Nadat ek haarkos aangewend het, gebruik ek ’n klein borseltjie met ’n kam om die hare te stileer.”
Liziwe Nkuntsu, 37, ondersteun Lisa se besigheid. “Ek is te lui om my eie hare te doen, en my kêrel kla altyd as ek hom vra om uit te help. Nou sal ek hom nie meer pla nie.”
‘n 28-Jarige man het gesê Lisa is ’n lewensredder.
“Ek betaal graag elke week eerder as om haarkos aan my vriendin se kop te smeer. Ek haat daardie taak,” het hy gesê.
Op die foto hierbo: Yakekha Lisa, ‘n Oos-Kaapse gegradueerde, het ‘n besigheid begin wat haarprodukte op vroue in Ngcobo-dorp aanwend
Beeldbron: Verskaf