Soedan se sportlui klou vas aan hulle drome

Die konflik in Soedan saai verwoesting, maar tussen die puin het ’n dapper sokkerspeler sy pynlike ervarings as professionele sportman met die buitewêreld gedeel in ’n onderhoud met BBC Sport Africa.

Joseph Malish, ’n opkomende sokkerster uit Suid-Soedan en ’n sleutelspeler vir Al Merrikh, skets ’n donker prentjie van die tonele wat hulle daar afspeel.

“Daar is nie regtig kos nie. Brokkies hou jou skaars aan die lewe. Dis ’n daaglikse stryd teen honger en haglike omstandighede.”

In die onderhoud met het die 20-jarige ster gesê ’n tekort aan kos, krag en water, en bowenal gebrekkige kommunikasie met hulle geliefdes, is die dinge wat hulle die hardste tref.

Tog gee Malish nie moed op nie, vasbeslote om sy kontrak te voltooi en vreugde aan sy landgenote te verskaf.

“In hierdie moeilike dae loop die emosies hoog, en ons wag dat alles ten einde kom. Ons wil huis toe gaan en ons families gelukkig maak,” het hy gesê.

Maar Malish besef selfs ná die konflik sal daar uitdagings wees. 

“Die sportfasiliteite, die stadions, die velde is nog daar, maar dit gaan tyd kos om die skade ongedaan te maak. En die spelers is wyd verspreid in hulle pogings om hulle gesinne se veiligheid te verseker.”

Saamgestel deur Razeen Gutta

In die foto hierbo: Joseph Malish

Fotobron: @biarmonychol