Faf en Parny rol Rajastan Royals

Deur Dezzi Lennox

Twee Suid-Afrikaners, Faf du Plessis met nóg ’n vyftigtal en Wayne Parnell met drie paaltjies vir 10 lopies, het Royal Challengers Bangalore se hoop op ’n plek in die uitspeelrondtes van die Indiese Premiersliga Sondag verstewing toe hulle Rajasthan Royals met 112 lopies platgevee het.

Faf, kaptein van RCB, het die loot gewen en gekies om te kolf, en 55 aangeteken op ’n moeilike blad, waarop party balle van die eerste boulbeurt af laag deurgeskiet het. Waar Faf versigtig aan sy beurt gebou het, het die Aussie Glen Maxwell die kolf lustig geswaai vir sy 54.

Anuj Rawat het die laaste boulbeurt vir 18 lopies geplunder, en RCB se 171 het selfs Du Plessis se verwagtinge oortref.

Rajastan sou die eerste klompie beurte goed moes benut, aangesien die blad streke uitgehaal het soos die bal ouer word, maar hulle aanvangskolwers, Jos Butler en Jashasvi Jaiswal, is albei vir nulletjies uit, en Sanju Samsung, Devdutt Padikkal en Joe Root het ook misluk.

Wat ’n treurspel! 59 almal uit, na net 11 beurte. Dit is die derde laagste telling in die IPL se geskiedenis.

In Sondag se tweede wedstryd het Kolkata Knight Riders verspotmaklik Chennai Super Kings se 144 verbygesteek, met nege balle oor. Dit is hulle eerste sege in ’n wegwedstryd teen CSK in meer as ’n dekade.

Nitish Rana (57) en Rinku Singh (54) het CSK se boulaanval met minagting behandel en KKR se oorheersing is selde bedreig.

In die laaste week van die rondomtalieronde is nege spanne nog in die wedloop.

In die foto hierbo: Wayne Parnell 

Fotobron: @RCBTweets