Drie mans is net genoeg, sê Nelly

’n Tanzaniese ma van twee kinders het erken sy is met drie mans getroud.

In Afrika-kultuur trou mans gereeld met drie, vier of selfs 10 vroue. Dit gebeur bitter selde anderkant om.

Nelly stel die saak reg. Sy deel foto’s op sosiale media van haar en haar drie glimlaggende mans, Jimmy, Danny en Hassan.

Volgens NYV Kenia het Nelly, wat karre verkoop, met haar swaer getrou nadat die man met wie sy agt jaar getroud was in ’n karongeluk dood is.

Sy het die ander twee later nadergehark.

Die driemanskap woon saam met haar onder een dak, is almal vriende en almal het seks met haar.

Sy sê hulle is almal gelukkig, seksueel en fanansiëel bevredig, en hulle verneuk haar nie.

Al drie is werkloos, en sy het vir elkeen ’n kar gekoop, en onderhou hulle.

Haar bekenning het die tonge laat klap, want dit is teen die wet vir vroue om meer as een man te hê.

Nicodemus Agweyo, ’n Tanzaniese prokureur, het aan Ayo TV gesê Nelly kan drie jaar tronk toe gestuur word vir dié oortreding.

Net so kan ’n man wat met ’n vrou trou wat reeds getroud is agter tralies beland, selfs al laat sy godsdiens of kultuur dit toe.

Agweyo sê oortreders kry nie ’n keuse van ’n boete nie. Dis reguit tjoekie toe.

Saamgestel deur Everson Luhanga

In die foto hierbo: Nelly en haar driemanskap

Fotobron: Malawi24