Deur Michael Madyira
Jaco Peyper gaan die eerste Suid-Afrikaanse skeidsregter word wat die Kampioenebeker-eindstryd behartig.
Die 42-jarige sal fluitjie-blaas in die 20 Mei eindstryd tussen Leinster en die verdedigende kampioen, La Rochelle, in Dublin se Aviva Stadion.
Hy sal bygestaan word deur die Engelse duo van Karl Dickson en Christophe Ridley terwyl nog ‘n Engelsman, Tom Foley, die televisie-wedstrydbeampte sal wees en Beth Dickens van Skotland ‘n oog oor die strafuitsprake sal hou.
‘n Verklaring deur Europese Professionele Klub Rugby het Peyper se aanstelling bevestig.
Net ‘n maand gelede het Peyper vir die eerste keer ‘n Kampioenebeker geblaas, toe hy in beheer was van die halfeindstryd tussen La Rochelle en Exeter.
Die Bloemfonteinse skeidsregter sal vir die eerste keer na Aviva Stadion terugkeer sedert Maart se Sesnasies-eindstryd, toe hy Engeland se Freddie Steward teen Ierland afgestuur het voordat die rooikaart later herroep is.
Peyper sal ook deel wees van 26 wedstrydbeamptes by die 2023 Rugby Wêreldbeker in September in Frankryk.
Verlede week het hy geblaas by die Verenigde Rugby Kampioenskap se slegs-Suid-Afrikaanse kwarteindstryd tussen die Stormers en Bulle in Kaapstad Stadion.
Op die foto hierbo: Jaco Peyper
Fotobron: SuperSport