Deur Celani Sikhakhane
In ’n plofbare uitbarsting het die Zoeloekoning, Misuzulu kaZwelithini, KwaZulu-Natal se regering as “beheervrate” uitgeskel.
Sy woede het Woensdag oorgeloop by ’n byeenkoms van tradisionele leiers in Ulundi, waar hy volmag oor die koninkryk se begroting van R70 miljoen geëis het.
Koning Misuzulu is ontsteld omdat hy niks sonder die goedkeuring van van die premierskantoor kan doen nie.
“Ek het gelees van die R70 miljoen in die provinsie se jaarlikse begroting, maar ek het nog nie ’n sent daarvan gesien nie,” het hy gesê.
King Misuzulu sê hy kan nie eens sy paleis in Pongolo sonder toestemming besoek nie.
Vasbeslote om sy vryheid te herwin, het hy verklaar: “Ek dring aan op volle beheer van my optrede en begroting. Inkosi [Thanduyise] Mzimela bestuur voortaan die koning se werksaamhede deur die Ingonyama Trust.”
Die koning het vandeesweek vir Inkosi Mzimela aangestel as voorsitter van die Ingonyama Trust se direksie.
“Dit is hoog tyd dat die Koninkryk se belange geheel en al aan die jurisdiksie van die Ingonyama Trust oorgelaat word.”
Die koning het sy besorgdheid uitgespreek dat sy leierskap met opset ondermyn word. Hy beweer die regering verswak sy mag en teiken tradisionele leiers.
In die foto hierbo: Koning Misuzulu kaZwelithini en KZN se premier Nomsa MaDube Ncube
Fotobron: Verskaf