Deur Songeziwe Mapukata
Gospel-kunstenaar Betusile Mcinga het na sy tuisdorp, Mthatha, teruggekeer as wenner van die Liedjie van die Jaar-toekenning vir sy treffer “Ngena Noah,” en is soos ‘n ware held verwelkom.
Gemeenskapslede, hooggeplaastes en opkomende kunstenaars het by die Mthatha-lughawe bymekaargekom om Mcinga se oorwinning te vier. Daarna is die konvooi, wat verkeer mooi versper het, vort na Mthatha se stadsaal.
Mcinga het aan Scrolla Africa gesê dat hy hoop om elke swart kind wat dink dat die hele wêreld teen hulle is, te inspireer – veral dié in landelike gebiede. Hulle moet weet dat hul drome geldig is.
“Ek wil sien hoe hulle almal deur die predikante geroep word om toekennings te ontvang, soos wat ek deur geloof en harde werk gedoen het,” het hy gesê.
Hy streef daarna om nog baie meer siele te wen, insluitend skole en kerke, om vir hulle te wys dat evangelie nie net ‘n ritme is nie, maar ‘n boodskap.
Die Metro FM Musiektoekennings het nog nooit ‘n tradisionele gospelkunstenaar as Liedjie van die Jaar-wenner gekroon nie, wat Mcinga se oorwinning selfs meer merkwaardig maak.
Woordvoerder van OR Tambo Distriksmunisipaliteit, Zimkhitha Macingwane, het gesê dat mense soos Mcinga ‘n storie vertel: hulle wag nie dat geleenthede aan hulle gebied word nie, maar skep self hierdie geleenthede.
Die verwelkomingsgeleentheid was ‘n gesamentlike poging van OR Tambo Distriksmunisipaliteit, die Departement van Kuns en Kultuur, en King Sabatha Dalindyebo Plaaslike Munisipaliteit om waardering te toon vir werk wat die Oos-Kaap provinsie se naam hoog te hou.
Mcinga se oorwinning het gewys daar’s ‘n weg waar daar ‘n wil is, en hy hoop om ander aan te vuur om hul drome te bewaarheid deur harde werk en geloof.
Op die foto hierbo: Betusile Mcinga is ‘n held verwelkom met sy aankoms in Mthatha
Fotobron: Verskaf