Moonchild Sanelly: ‘Ek staan op vir die swartskape’

Deur Khaya Ndaba

Moonchild Sanelly het pas by Coachella opgetree, en is klaar besig met haar jongste projek in ’n opname-ateljee in Johannesburg.

Optrede by die beroemdste musiekfees in die wêreld onderstreep die sanger se opgang die afgelope jare. In die laaste vyf jaar het sy saam met sterre soos Gorillaz en Busiswa opgetree, en was selfs deel van Beyonce se visuele album, Black is King.

In gesprek met Scrolla.Africa het sy gesê: “Waarop ek altyd in my kuns bedag is, is bevryding, en bowenal die bevryding van die mense met die minste vryheid: vroue. En alles wat die gemeenskap teen mense hou, soos dat hulle queer is. Ek staan op vir die swartskaap.”

Die vyf-en-dertigjarige kom uit ’n musiek-agtergrond. Haar ma is ’n jazz-sanger en haar broer vervaardig hip-hop, dus was dit maklik vir haar om ’n musiekloopbaan te kies.

Sy is die ma van twee, en sê gereekd vir haar dogters hulle kan wees wat hulle ook al wil wees, en sy het dit met haar werk bewys.

Sy het moeiteloos van optrede na ontwerp oorgeskuif, en daarna die grense verskuif van uitrustings wat aanvaarbaar is.

Die superster sê mense kan haar eerder verkeerd verstaan as dat sy iets doen wat haar nie ten volle verteenwoordig nie.

Sy het haar huidige projek voor Coachella in Malawi begin opneem, en gaan dit in die kusdorp Margate in Brittanje voltooi.

Daar sal sy met die vervaardiger Santigold saamwerk. 

Moonchild is trots op die feit dat sy saam met ander vroue en queer mense werk. Sy glo dis ’n wenresep.

In die foto hierbo: Moonchild Sanelly