Deur Becker Semela
Monica Matsie, die ma van Katlego Bereng, en ander roubklaers het Donderdag ontroosbaar geween by sy gedenkdiens in Bloemfontein.
Die polisie beweer sy liggaam is gebruik om vir Thabo Bester in te staan toe dié veroordeelde moordenaar en verkragter op 3 Mei 2022 uit Mangaung gevangenis ontsnap het.
Die diens is deur die Bloemfontein Celtics-sokkerspan se ondersteunersklub, wat bekend staan as Siwelele sa Masele, gereël. Bereng se ma het die saal binnegegaan met die steun van haar family, terwyl lede van die ondersteunersklub agter hulle gesing het.
Matsie het verlede week ineengestort toe sy haar seun se oorskot in die regeringslykshuis besigtig het. Op besoek aan haar familie later die week moes sy hospitaal toe geneem word.
Siwelele sa Masele se nasionale voorsitter, Pule Mabena, het gesê die klub sal voortgaan om die familie te ondersteun totdat hulle afsluiting vind
Hulle gaan volgende week buite die hof vergader wanneer ses verdagtes, wat Bester se minnares, Dr Nandipha Magudumana, insluit, in die landdroshof aansoek doen om borgtog.
Bereng is Sondag in Bloemfontein begrawe.
Hierdie berig het oorspronklik in GroundUp verskyn.
In die foto hierbo: Katlego Bereng se ma, Monica Matsie, word deur haar suster, Mojabeng Ralilateng, getroos tydens ’n gedenkdiens vir Bareng, verlede Donderdag in Bloemfontein
Fotobron: Becker Semela