Deur Buziwe Nocuze
Bheki Cele, Suid-Afrikaanse Minister van Polisie, het Donderdagoggend meer as 200 nuwe voertuie aan die Wes-Kaapse SAPD oorhandig.
Die geleentheid is by die Promenade Mall in Mitchell’s Plain gehou, en altesaam 251 polisievoertuie is oorhandig.
Die minister het SAPD-lede versoek om nie die voertuie te misbruik deur hul skoonma daarin te vervoer of vir persoonlike uitstappies te gebruik nie.
“Ons het hierdie voertuie gekoop om misdaad in die provinsie te bekamp. Dit is nie vir jou om meisies op te tel, of inkopies mee te doen nie. Respekteer die motors en die kenteken,” het Cele gesê.
Die voertuie sal gebruik word om misdaad te bekamp in gebiede waar dit die nodigste is.
“Agt stasies in die Wes-Kaap is onder die topstasies waar die meeste misdade in die land gepleeg word, en ek hoop dat hierdie voertuie sal help om misdaad hok te slaan en almal se veiligheid te verseker,” het hy bygevoeg.
Die Wes-Kaapse Provinsiale Polisiekommissaris, Luitenant-generaal Thembisile Patekile, het gesê die voertuie sal by alle polisiestasies gebruik word.
“Dit is ‘n ander kaliber kar wat op verskillende terreine sal werk. Hulle kan oral in die gebiede gebruik word en inwoners sal nie meer vir polisievoertuie hoef te wag nie.”
Rafique Foflonker, voorsitter van die gemeenskapspolisiëringsforum, het gesê gemeenskappe is aan die bloei, en dit gebeur te gereeld dat die SAPD versuim om op misdade te regaeer weens die tekort aan polisievoertuie.
“Hierdie voertuie verteenwoordig hoop. Ons verwag nie dat die SAPD nié aan misdaad sal aandag gee nie as gevolg van die tekort aan voertuie. Ek glo dat misdaad nou sal ophou,” het hy gesê.
Sibongiseni Mankuntsu, ‘n 45-jarige inwoner, het gesê dat meer toegewyde polisiebeamptes benodig word.
“Die probleem is met ons SAPD. Ons is bly oor die nuwe voertuie maar die polisie moet verander hoe hulle dinge doen. As hulle nie hul werk respekteer nie, sal voertuie nie ‘n verskil maak nie.”
Zukiswa Ngcuze, 40, is opgewonde en hoop dat die SAPD sal ophou om hulle van die tekort aan motors te vertel.
“Partykeer weet ons dat hulle lieg oor die tekort aan voertuie wanneer hulle nie ‘n toneel in ‘n spesifieke area wil bywoon nie. Ek hoop dat hulle hul werk sal doen en misdaad sal verminder.”
Die Rate Our Service-toepassing is ook by die geleentheid bekendgestel om gemeenskapslede in staat te stel om SAPD-dienslewering te evalueer.
Die minister het belowe dat nog ‘n groep polisievoertuie binnekort bygevoeg sal word.
“Die vorige begroting is gebruik om hierdie motors aan te koop. Vanjaar se begroting kom nog,” het Cele gesê.
Op die foto hierbo: Suid-Afrikaanse minister van polisie Bheki Cele het meer as 200 polisievoertuie aan die Wes-Kaapse SAPD oorhandig
Fotobron: Buziwe Nocuze