Deur Celani Sikhakhane
Gewilde SABC sepiester Gugu Gumede is ’n voorloper in die stryd om die leierskap van die National Freedom Party.
Haar veldtog het dié week op sosiale media woema gekry.
Sy is die dogter van die ontslape Adjunkminister van wetenskap en tegnologie, Zanele VZ kaMagwaza-Msibi, wat die NFP gestig het nadat haar poging om die IFP-leierskap by Mangosuthu Buthelezi oor te neem misluk het.
Gumede het aan Scrolla.Africa gesê sy is gevra om die leierskaprol in die party te oorweeg.
“Ek is gevlei dat mense in die NFP dink ek is waardig om hierdie rol te vervul. Maar ek is nog nie ampelik hiervan ingelig nie.”
Die party is is in ’n regsgeding oor R12 miljoen wat hulle glo aan sake-eienaars skuld.
Hulle kan ook bankrok verklaar word, en die Onafhanklike Verkiesingskomissie het die party verbied om aan tussentydse verkiesings deel te neem in die lig van bogenoemde probleme.
Gumede word gesien as iemand wat die party kan laat herleef, en die toekoms in lei, met die oog op volgende jaar se algemende verkiesieng.
Die NFP en die ANC het in 2011 ’n koalisie gevorm wat IFP se mag besnoei het tot twee munisipaliteite in KZN.
In die foto hierbo: ’n Plakkaat van Gugu Gumede se NFP leierskap-veldtog
Fotobron: Facebook