Deur Anita Dangazele
Net ’n jaar gelede het die Visrivier-oord naby Port Alfred in die Oos-Kaap ’n TV-span wat uit 48 lede bestaan het gehuisves. Daar is planne opgetrek om R500 miljoen aan ’n opknapping te bestee, wat ’n rolprentateljee van wêreldgehalte te skep.
Die oord, wat aan die Prudhoe-gemeenskap behoort, is deur ’n maatskappy met die naam MahalaX bedryf, met die doel om beleggers te lok.
Die opknapping sou nuwe inkomstbronne vir die oord en omliggende gebiede skep. In Junie verlede jaar is Survivor SA se negende seisoen in die gebied geskiet. Die skeppers van die reeks het in die oord tuisgegaan
Reggie Ngcobo, segspersoon vor die Oos-Kaapse Departement van Landbou, Landhervorming en Landelike Ontwikkeling, het gesê die departement is nie meer by die bedryf van die oord betrokke nie, maar het die ooreenkoms verduidelik
“Die Prudhoe-gemeenskap het deur hulle trust ’n huurkontrak met MahalaX aangegaan vir die gebruik van die eiendom,” het hy gesê. “Die departement het nie deel in die ooreenkoms gehad nie.”
In die foto hierbo: Die ingang van die Visrivier-oord
Fotobron: Verskaf