Deur Thathe Msimango
Die Comrades Marathon het ‘n aansienlike verhoging in prysgeld vir vanjaar se wedloop aangekondig.
Suid-Afrika se mees ikoniese ultra-marathon, wat op 11 Junie plaasvind, spog met prysgeld van ‘n allemintige R4.31 miljoen – ‘n 90%-verhoging van verlede jaar se R2.27 miljoen.
Bongumusa Mthembu, wat die Comrades in 2014, 2017 en 2018 gewen het, het die nuus verwelkom.
“Dit is goed dat ons ‘n verhoging in prysgeld gaan sien. Ons kerm al jare lank hieroor,” het hy gesê.
Die eerste prys het byna verdubbel sedert verlede jaar, van R260,000 na R500,000; tweede plek is verhoog van R130,000 na R250,000 en derde van R90,000 na R180,000.
Boonop, as die wenner in óf die mans- óf vroue-wedlope die top afdraandtye van David Gatebe (2016 – 5:18:19) of Frith van der Merwe (1989 – 5:54:43) verbeter, sal hulle ‘n minimum van R1-miljoen in Comrades-prysgeld wen – die eerste prys plus ‘n ekstra R500,000 omdat die rekord gebreek is.
Die eerste Suid-Afrikaanse atleet wat die wedloop voltooi sal R200,000 ontvang en die eerste KZN-atleet wat klaarmaak sal R60,000 inpalm.
Mthembu glo hy kan vanjaar weer eerste oor die wenstreep wees.
“Ek is steeds mededingend en ek kan die wedloop wen,” het hy gesê.
“Ek bly een van die gunstelinge en dit is dus steeds ‘n droom om die wedloop te wen.”
Die Comrades Marathon is swaar getref deur Covid-19, wat verskeie borge in die slag laat bly het. Die wedloop word egter steeds wêreldwyd gerespekteer, en die prysgeldverhoging versterk die saak van diegene wat glo dat sport daartoe instaat is om lewens verander.
Op die foto hierbo: Bongumusa Mthembu
Fotobron: Verskaf