Burger-uitstappie raak bloedig

‘n Man het sy metgesel halfpad deur ‘n maaltyd gelos om ‘n parkeerwag wat hom ‘n slinkse R700 uit die sak gejaag het, te vermoor. Hy het daarna teruggekeer om sy aandete te voltooi asof niks gebeur het nie.

Die polisie het gesê Erick Aguirre, 29, word daarvan aangekla dat hy die 46-jarige Elliot Nix op 11 April in ‘n parkeerterrein in Houston, VSA, geskiet het nadat hy deur hom bedrieg is. Volgens hofrekords was ‘n bedrag van R700 betrokke.

Aguirre en sy vriendin het pas hul motors geparkeer toe Nix hulle nader en R350 elk vir parkering eis.

Aguirre het betaal, maar Nix is ​​later uitgewys as ‘n bedrieër deur ‘n werknemer by die burgerkafee waar hulle geëet het.

Dit is toe dat Aguirre na bewering woedend opgevlieg het. Hy het van die restaurant af na sy motor toe gespoed, ‘n geweer gekry en Nix begin jaag.

Nadat hy hom glo doodgeskiet het, het Aguirre kalm terug na die restaurant toe gestap om sy maaltyd klaar te maak en vir sy metgesel gesê dat hy “die swendelaar net bang gemaak het”.

Maar die waarheid het uiteindelik uitgekom.

Die polisie sê Aguirre is in hegtenis geneem nadat sy vriendin foto’s van hulle twee in die media gesien en die owerhede gekontak het.

Sy was geskok om te ontdek dat sy en Aguirre verdagtes in ‘n moordsaak was. Maar sy word nie aangekla nie.

Aguirre, aan die ander kant, staar lewenslange tronkstraf in die gesig as hy aan moord skuldig bevind word.

Saamgestel deur personeelskrywer

Op die foto hierbo: ‘n Burger restaurant