Deur Everson Luhanga
Die polisie het ’n deurbraak in die Thabo Bester ontsnappingsaak gemaak en nog twee verdagtes in hegtenis geneem. Scrolla.Africa kan onthul dat albei G4S beheerkameroperateurs is.
Die verdagtes, ’n 51-jarige man en ’n 35-jarige vrou, was die aand van Bester se ontsnapping aan diens.
Bronne het aan Scrolla.Africa gesê die tweetal is later afgedank deur G4S, die sekuriteitsmaatskappy wat uit Londen bedryf word en in beheer was van sekuriteit by Mangaung Korrektiewe Sentrum toe Bester ontsnap het.
Hulle sluit hulle aan by dié lys verdagtes: Bester se meeloper en metgesel, Nandipha Magudumana; haar pa, Zolile Sekeleni, nog ’n G4S-wernemer, Senohe Matsoara, en CCTV-tegnikus Teboho Lipholo.
Verlede Dinsdag het die polisie Buti Masukela, 51, wat toe nogis G4S se diens was, vasgetrek.
Die nasionale polisiesegpersoon, Brigadier Athlenda Mathe, het gesê gister (Maandag) se arrestasies is by die verdagtes se huis in Bloemfontein uitgevoer, en dat hulle Woensdag in die hof in Bloemfontein sal verskyn in verband met regsverydeling en helpverlening tydens Bester se ontsnapping.
Mathe het gesê nog verdagtes kan in hegtenis geneem word.
Bester is verlede maand is Arusha, Tanzanië, in hegtenis geneem saam met Magudumana. Hy was besig om ’n lewenslange vonnis uit te dien tydens sy ontsnapping.
Die persoon wie se verbrande lyk in Bester se sel aangetref is, en vroeë verkeerdelik as Bester geïdentifiseer is, is met behulp van DNA-toetse wat aan sy ouers gekoppel is uitgeken.
Bester, wat nou in Mampuru II Gevangenis aangehou word, verskyn weer op 16 Mei in die Bloemfonteinse Landdroshof.
In die foto hierbo: Thabo Bester het in Mei 2022 uit Manguang Korektiewe sentrum ontsnap.
Fotobron: Twitter