Vietse ouma se raad aan jong vryers: gee tong

Andrea Sunshine, ‘n 53-jarige OnlyFans-ster wat met meer as 341,000 Instagram-volgelinge spog, sê ‘n man se soen is maak of breek as dit by kooisake kom.

Sunshine, wat in Londen woon, beweer sy het ‘n onfeilbare teniek om te bepaal of sy ‘n knaap in haar katel gaan toelaat.

“As hulle ‘n soentjie steel, en dit draai my aan, dan’s dit bingo, hier kom ‘n ding!” het die sexy ouma in ‘n onderhoud met NudePR.com verklap.

“’n Droeë, vlak soen sonder drif en ‘n kort tong wat ek beswaarlik kan bereik, doen niks vir my koerasies nie,” het sy gesê.

“Ek neem nie die volgende stap nie. Ek maak ’n verskoning en kry my ry.”

Die wulpse ouma het gesê dat sy nie van tydmors en teleurstellings hou nie, en met ‘n lyf soveel jeugdiger as haar jare lok sy tonne jonger mans.

“Jong mans is mal oor volwasse vroue wat sag is op die oog, so ek kry heeltyd aandag,” het sy gesê.

“Alle ouderdomme tel, selfs sommige onder 25, maar die meeste van hulle is tussen 30 en 35.”

Ten spyte van haar befaamde fiksheid sê ouma-van-twee Sunshine sy “hou nie van die aandag nie”, maar is trots op haar fietse liggaamsbou.

“Dit pla my nie om ‘n fiksheidsouma genoem te word nie,” het sy gesê.

“Ek lyk op my beste en is gesonder as ooit.”

So, ouens, as jy die ooglike ouma wil beïndruk, maak seker jy’t jou soene hard geoefen.

Maar moenie die moeite doen om haar R350,000 per soen aan te bied nie; sy sê dit moet sy natuurlike loop neem.

Saamgestel deur personeelskrywer

Op die foto hierbo: Die sexy ouma Andrea Sunshine

Fotobron: Twitter