Dis koebaai, kontant by dié taxi-staanplek

Deur Anita Dangazele

Goeie nuus vir pendelaars, slegte nuus vir misdadigers wat hulle by taxi-staanplekke beroof. Kontantbetalings vir taxi-ritte is binnekort van die baan op sekere roetes in die Oos-Kaap.

Pleks daarvan pendelaar hulle met ’n app op hulle selfone betaal. 

Nie net gaan dit hulle beveilig nie, dit gaan hulle ook die moeite spaar om vooraf by kitsbanke in rye te staan.

Die Uitenhage-Despatch Taxi-vereniging (UDTA) in Nelson Mandelalabaai se Kariega (voorheen Uitenhage) het die tweede taxi-diens in die land geword wat dié betaalmetode in werking stel, ná KwaMashu in KwaZulu-Natal se pionierswerk.

UDTA het dié besluit geneem toe hulle besef klante het in die tyd van Covid-19 aan digitale betaalmetodes gewoond geraak. Almal kon baat by hierdie verwikkeling.

Hulle span saam met die diensleweraar Payzee. Pendelaars laai die Payzee app af, skandeer die bestuurder se unieke QR-kode, en tik die bedrag in.

Die betaling word eensklaps op die bestuurder se app bevestig. Dit is veilig vir albei partye.

UDTA se voorsitter, Mbuzeli Mfengu, sê dié skuif sal misdaad beslis bekamp.

“Ons klante word gereeld beroof. Nou hoef hulle nie meer kontant saam met hulle te dra nie. En bestuurders sal bewys hê van transaksies, wat beteken ons kan hulle vir werkloosheidversekering en ander voordele registreer.”

Dit gaan ’n tydjie kos om verbruikers gerus te stel dat dit veilig is. Thabo Mashiya, 37, ’n taxi-bestuurdee, is besorg dat dit klante sal afskrik.

Sommige verbruikers is inderdaad skepties.

Terwyl een van hulle, Asanda Mlilwana, die verwelkom omdat dit tyd sal spaar, sê ’n ander, Siphesande Klaas, hy is besorg omdat aanlyn-betalings ’n verneukspul kan wees. Hy wil eers kyk of dit vir ander klante werk.

Die inisiatief sal stelselmatig ingestel word. Vir eers sal net 15 taxi’s daarvan gebruik maak.

In die foto hierbo: ’n Payzee-agent wys hoe die stelsel werk

Fotobron: Anita Dangazele