De Ruyter sê korrupsie by Eskom erger as wat hy vermoed het

Deur Zukile Majova

Eskom se voormalige Hoof-Uitvoerende Beampte, Andre de Ruyter, hou voet by stuk dat kartelle met politieke verbintenis die kragleweraar ongestraf plunder.

De Ruyter, wat vroeë geskat het dat Eskom elke maand R1-miljard aan korrupsie aan misdaadkartelle afstaan, sê hy het waarskynlik die skade onderskat, en dat dit waarskynlik veel erger is.

Hy het parlementslede van die staande komitee vir openbare rekeninge Woensdag drie ure lank toegespreek oor sommige van die aantyigings wat hy gemaak het voordat hy in Januarie afgedank is.

Hy het bewerings verwerp dat hy sy plig versuim het deur nie korrupsie by die kragverskaffer aan owerhede te rapporteer nie.

“Ek het die saak aan die hoogste wetstoepasser in die land, die nasionale kommissaris, aangemeld,” het hy gesê, en bygevoeg dat hy dit weer aan die offissiere uitgewys het, wat deur die nasionale kommissaris aangestel is om sy bewerings te ondersoek.

“Ek het ingevolge seksie 34 van die Voorkoming en Bestryding van Korrupte Aktiwiteite-wet opgetree deur my regstreekse kommunikasie met senior polisie-offisiere, wat die nasionale kommissaris insluit.”

De Ruyter het egter geweier om die lid van die kabinet of voormalige lid van die kabinet wat by korrupsie by Eskom baat vind uit te wys.

“Die bese pad vorentoe sou wees om Minister [Pravin] Gordhan en Dr [Sydney] Mufamadi te vra, want hulle is ingelig en bewus. Soos julle weet kan ek nie op vrystelling aanspraak maak nie,” het hy in antwoord op ’n vraag gesê.

Die voormalige Eskom-baas het bevestig dat hy R50 miljoen uit die private sektor bekom het om ’n forensiese ondersoekafdeling te befonds om veiligheidsbedreiging vir Eskom se bates te ondersoek.

“DIt het duidelik geword dat Eskom ’n vorm van inligting-versameling moes hê.”

Daar was wel verslae wat De Ruyter se bronne bevraagteken, maar die parlement het nog nie dieper in daardie besonderhede gedelf nie.

In die foto hierbo: Andre de Ruyter